top of page

Registreer asb. voor of op 4 Augustus 2017 deur hierdie aanlynregistrasievorm in te vul.

REGISTREER

Daar is verskeie nasionale en internasionale instansies wat tans – om verskeie redes – Afrikaanse materiaal (byvoorbeeld taal- en letterkundige werke, kultuurhistoriese materiaal, akademiese naslaanwerke en argiefmateriaal) digitiseer. Tot dusver is daar nog geen bestekopname gemaak van al hierdie verskillende digitiseringsinisiatiewe nie, en die vermoede bestaan dat daar in hierdie verband heelwat duplisering en oorvleueling plaasvind (wat weliswaar al bevestig is deur kontrole in van die databasisse).

​

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA), Noordwes-Universiteit se projek rakende die Digitale Bibliografie van die Afrikaanse Taalkunde (DBAT) en die biblioteek van die Universiteit van Pretoria se Open Scholarship-afdeling wil daarom graag alle instansies wat gemoeid is met of belang het by die digitisering van Afrikaanse bronne na ʼn gespreksgeleentheid nooi.

​

Hierdie gesprek, wat die vorm van ʼn kollokwium sal aanneem, het ten doel om die volgende te ondersoek:

​

  1. Watter organisasies digitiseer tans Afrikaanse bronne op een of ander wyse?

  2. Watter Afrikaanse bronne is reeds gedigitiseer?

  3. In watter formaat is hierdie digitale Afrikaanse bronne beskikbaar, en aan watter formate is daar ʼn behoefte?

  4. Watter digitiseringsinisiatiewe oorvleuel en behels duplikasie?

  5. Watter behoeftes rakende digitale Afrikaanse bronne bestaan daar?

  6. Watter samewerkingsgeleenthede kan geïdentifiseer word om die digitisering van Afrikaanse bronne optimaal te bestuur ten einde onnodige duplisering en oorvleueling te vermy en veral hulpbronne te deel en te bespaar?

 

Die uitnodiging is dus om te kom saam dink en besin oor die geïntegreerde en gekoördineerde bestuur van die digitiseringsproses. Een van die moontlike uitkomste is die oprigting van ʼn Digitale Biblioteek vir Afrikaans (DBA).

 

Ons versoek alle betrokke instansies om ten minste een verteenwoordiger na hierdie kollokwium te stuur. Hoewel dit nie ʼn voorvereiste vir bywoning is nie, sal ons dit op prys stel indien u tydens die kollokwium ʼn kort aanbieding (van 10 of 20 minute) maak oor u instansie se digitiseringsinisiatief of -behoefte waarin u onder andere die volgende vrae beantwoord:

​

  1. Met watter digitiseringprojek(te) is u tans besig?

  2. Watter digitale Afrikaanse bronne is reeds deur u beskikbaar gestel?

  3. Watter probleme of uitdagings ondervind u tans rakende die digitisering van Afrikaanse bronne?

  4. Watter ander/toekomstige digitiseringsinisiatiewe beplan u?

  5. Watter digitiseringshulpbronne (insluitende finansiële ondersteuning) het u tans tot u beskikking?

  6. Indien u nie self by enige digitiseringsprojek betrokke is nie, aan watter gedigitiseerde Afrikaanse bronne het u tans ʼn behoefte?

Our story
Details
Rsvp
Registry

INLIGTING

Datum

 

Plek

 

 

​

 

 

Registrasiefooi

​

​

Bankbesonderhede

​

​

​

​

​

​

​

Verblyf en vervoer

​

 

 

​

​

16 --17 Augustus 2017

​

Die ouditorium van die Navorsingsmeent (Research Commons), Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria, h/v George Storrar & Leyds Streets, Pretoria.

GPS-koördinate: S 25° 46' 10" E 28° 12' 34"

Google Maps-aanwysingings 

​

 R200 per persoon

*Buitelandse verteenwoordigers hoef geen registrasiefooi te betaal nie

 

Rekeningnaam:     Virtuele Instituut vir Afrikaans NPC

Banknaam:           First National Bank (FNB)

Rekeningnommer:  62521817588

Takkode:               250655

Rekeningtipe:        Besigheidsrekening

Verwysing:            Digitiseringskollokwium

E-pos bewys van betaling na: Adri.Breed@nwu.ac.za 

​

Alle bywoners is vir die reël en betaal van hulle eie verblyf en vervoer verantwoordelik. Die volgende twee gastehuise is egter baie naby aan die Groenkloofkampus geleë: 

 

Crane’s Nest                                                  

212 Boshoffstraat                                                 

Nieuw Muckleneuk

Tel. 012 346 4316

www.cranesnest.co.za

​

Illyria House

Muckleneuk

Tel. 012 344 5193

www.illyria.co.za

PROGRAM

Ons is tans besig om die program te finaliseer, ons ons beplan om dit 

Donderdag 10 Augustus beskikbaar te stel. 

Die beplande konsepprogram kan hier afgelaai word. 

Kontak ons

UITNODIGING

KONTAK ONS

Kontak ons gerus vir verdere navrae:

​

​

 

​
 

Dr. Adri Breed

Medebestuurder: DBAT

Vakgroep: Afrikaans en Nederlands

Skool vir Tale

Noordwes-Universiteit

E-pos: Adri.Breed@nwu.ac.za

Tel: 018 299 1563

Prof. Wannie Carstens

Medebestuurder: DBAT

Vakgroep: Afrikaans en Nederlands

Skool vir Tale

Noordwes-Universiteit

E-pos: Wannie.Carstens@nwu.ac.za

Tel: 018 299 1487

Dr Leti Kleyn

Bestuurder: Open Scholarship and Digitisation Programmes

Universiteit van Pretoria

E-pos: Leti.Kleyn@up.ac.za

Tel: 082 347 9982

Me Marlie Coetzee

Projekbestuurder

www.viva-afrikaans.org
Potchefstroomkampus, NWU
E-pos: Marlie.Coetzee@nwu.ac.za
Tel: 018 299 1020

bottom of page